'n Lang storie kort
Jy word hartlik uitgenooi na die troue van
'n Lang storie kort
Ons glo dat liefde die belangrikste dryfkrag in elke verhouding is, maar soms is liefde alleen nie genoeg nie. 'n Sterk fondasie word gebou op vertroue, respek en genade. Met 'n opregte hart kan ons sê dat ons geseën is met die beste rolmodelle vir gesonde verhoudings. Dankie aan elke persoon wat ons geleer het hoe om vertroue te bou en dit nooit te verbreek nie. Hoe om mekaar te respekteer, selfs wanneer ons nie altyd saamstem nie. Hoe om genade te hê vir mekaar se tekortkome en te vergewe tenspyte van seerkry. Bo alles, dankie aan elkeen wat ons geleer het wat dit werklik beteken om ander, die Here en onsself onvoorwaardelik lief te hê. Julle voorbeeld het die fondament gelê waarop ons ons huwelik gaan bou, en daarvoor sal ons ewig dankbaar wees.
Die verloop van ons dag
Parkeer in die veld gedeelte onder die groot bome. Begin sitplekke inneem teen 14:00.
Almal beweeg direk na die confetti na die rooi trappe vir koeksny.
Geniet 'n drankie en verversings.
Ons vra ons geliefde de Beer en van Schoor familie om gereed staan vir foto's.
Beweeg asb na die saal, kry gerus 'n glas wyn en neem jou sitplek in.
Geniet 'n heerlike buffetstyl aandete.
Vir die gaste wat lus het, ons maak 'n lekker vuur en kuier verder by die akkomodasie.
Kleredrag
Die kleurpallet is net 'n voorstel en nie verpligtend nie.
Vermy asseblief
Denim, kortbroek, "cocktail" rokkies en plakkies.
Logistiek
Eersbewoon, Modimolle, 0510 - 4.7km
rustevinde.gasteplaas@gmail.com
Book a room
Foto's
Jou teenwoordigheid en invloed op ons lewe beteken vir ons genoeg. Indien jy dit op jou hart voel om 'n bydrae te maak, kan jy gerus in ons huweliksfonds 'n paar randjies skenk of ons uithelp met 'n paar goedjies nog nodig vir ons huisie.
Laat weet ons asseblief teen 02 Januarie 2027 of julle die dag sal kan bywoon.
Ongelukkig is die funksie slegs vir volwassens.
Slegs per persoonlike uitnodiging.
Wees asseblief by die venue teen 14:00. Let wel daar is 'n grondpad. Hy is in 'n goeie toestand en kan met 'n normale kar gery word. Reken wel 'n ekstra 10 minute in julle reistyd in.
Verblyf by die venue is vir die bridal party en slegs per uitnodiging.
Ons weet dit gaan die warmste jaar wees. So ons vra dat gaste asb 'n das dra. 'n Baadjie is opsioneel.
Vir diegene wat na 00:00 wil kuier kan gerus iets te drinke bring. Daar is wel 'n streng "geen eie drank" reel tydens 14:00 en 00:00, en ons vra dat gaste asb nie hulle eie drank na die venue neem nie. Daar is ongelukkig 'n stewige boete waarvoor jy aanspreeklik gehou gaan word.